
Die Piaggio P.166 is’n Twee motorige Nuts-vliegtuig, ontwerp deur die Italiaanse Vliegtuig vervaardiger Piaggio Aero. (Piaggio is meer bekend as die vervaardigers van Vespa Bromponies). Die Vliegtuig model naam was Portofino, maar was bekend as die Albatross in die Suid-Afrikaanse Militêre diens..
Die basiese P.166 was ‘n verdere ontwikkeling van die P.136 amfibiese weergawe en het die eerste keer gevlieg op 26 November 1957.[1] Die P.166 het ‘n nuwe romp en stert eenheid gekry, maar het die vlerk en motors van die P.136 behou. Verskeie vliegtuie was verkoop as ‘executive’ vervoer, voerend en taxi vliegtuie. Die verbeterde P.166B was kragtiger en het tot tien sitplekke gehad; ‘n prototipe het die eerste keer gevlieg op 27 Maart 1962.
‘n Verdere weergawe, die 12 sitplek P.166C, het die verbeterde onderstel gehad, en het sy eerste vlug op 2 Oktober 1964 gemaak.
‘n Turboprop aangedrewe weergawe, die P.166D was ontwikkel met Lycoming LTP-101 motors, en vlieg vir die eerste keer op 3 July 1976.
Altesaam was daar net 127 vliegtuie van die variant P166 gebou.


Ou 27 Eskader Embleem Nuwe 27 Eskader Embleem
Maar kom ons praat oor die Lugmag Trossies;
P166S Basiese Karakteristieke
Vlieg vir die eerste keer in Oktober 1968.
Net 20 van die variant is vervaardig.
- Sitplekke: 2+4
- Lengte: 11.8 m (39 vt. 0 in)
- Vlerkspan: 14.6 m (48 vt. 2 in)
- Hoogte: 5 m (16 vt. 5 in)
- Lee Gewig: 2,773 kg (6113lb) (met SALM specs)
- Max. opstyg gewig: 3680 kg (8115lb)
- Aandrywing: 2 × Piaggio-Lycoming GSO-480-B1C6 ses silinder 254kW (320hp), ‘Supercharged’ motors.
Verrigting
- Maksimum spoed: 192kts (357km/h)
- Ryk afstand: 1930 km (1200 myl)
RSA Albatross geskiedenis
881, ZU-DFI, reeks nr.417, is in besit van die SALM Museum en staan op FASK
882, ZU-ABU, reeks nr.444
883, ZU-FPZ, reeks nr. 445, staan op FAWB (was ook ZS-NJY)
884, ZS-NJX, reeks nr. 446, een van die Tzaneen tragedie op 14 Aug 2011
885, ZS-ACI, reeks nr.447, staan op FAWB
886, ZS-NJW, reeks nr.448, maag landing FAGM 15 Jun 2009
887, ZS-ABV, reeks nr.449, was op die paal by FAPE. Gelewer aan die SALM op 23 Maart 1970.
888, ZS-NJV, reeks nr.450
889, ZU-ABM, reeks nr.451
890, ZS-NJU, reeks nr.452
891, ZS-NJT, reeks nr.453, staan op FAWB
892, ZS-NJS, reeks nr.454
893, ZS-NJR, reeks nr.455, stort neer na opstyg by FAJS 01 Maart 1997
894, reeks nr.456, stort neer in die Atlantiese Oseaan 6 Mei 1976 (RIV Dons Rossouw en Horse Carter).Was aan die SALM gelewer op 19 Maart 1974.
895, ZS-NJP, reeks nr.457. Gelewer aan die SALM op 04 Maart 1974.
896, reeks nr.458, staan by SALM Museum FAYP, enigste 100% outentieke P166S. Nie op siviele register.
897, ZS-NKN, reeks nr.459
898, ZS-NJZ, reeks nr.460
899, ZS-NHR, reeks nr.461, staan op FAWB
900, ZS-MMI, reeks nr.462, een van die Tzaneen tragedie op 14 Aug 2011
Tot met hede (April 2019), het nog geen Albatross, weens meganiese probleme neergestort nie.
