Omtrent

Die Piaggio P166S was spesiaal vervaardig vir die Suid-Afrikaanse Lugmag.

Daar was 20 gelewer, en het die eerste een sy RSA debuut in 1969 gemaak.

Die SALM het hulle reeks nommers wat begin het by 881 tot en met 900 toegeken.

Die groot verskille tussen die P166S en sy jonger boetie, die P166B is…
1. Langer neus (vir die Radar) en Groter ‘Tip’-Tenks (vir uithou vermoee).
2. Die Hoof-Tenks vat 211l per kant en die ‘Tip’-Tenks vat 323l per kant.
Dus is die totale brandstof hou vermoë om en by 1070l.

Teen vol krag sal die Albatross vir net so 3ure in die lug kan bly, voor hy de-hidreer van ‘n brandstof tekort.

Teen so 45% krag (soos die SALM hulle gevlieg het), kan die Albatross vir so lank as 11ure in die lug bly… en dit is hoekom hy ook dan ‘n “kamerverlaat” aan boord het.

Wat Albatross 883 uniek van die ander 19 gemaak het, was die feit dat hy die enigste P166S was wat toegerus was met vuurpyl-lanseerders. Dit was ook nie vir lank nie, want dit was vir proewe om die vatbaarheid daarvan op die P166S te toets. Die projek is nie verder as toets fase aangevoer nie.

883 het nog die “letsels” van die toetse in die vorm van skakelaars wat om estetiese redes nie verwyder is nie.